Home > Terms > Afrikaans (AF) > Rivier

Rivier

'n Natuurlike watermassa, gewoonlik vars water, wat na 'n oseaan, meer, see of 'n ander rivier vloei. In sekere gevalle vloei 'n rivier in die grond in of droog dit heeltemal op voordat dit 'n ander watermassa kan bereik.

Daar is geen algemene reël waardeur 'n rivier gedefinieër kan word nie, alhoewel 'n stroom water in sommige lande of gemeenskappe volgens grootte geklassifiseer word. Baie name wat gebruik word om klein riviertjies te beskryf is eie aan 'n geografiese plek; een voorbeeld is "burn" in Skotland en Noord-oos Engeland. Klein riviertjies kan ook verskeie ander name genoem word, insluitende stroom, spruit, sytak en beek.

Riviere is deel van die hidrologiese siklus. Die water in 'n rivier word gewoonlik opgevang deur oppervlak afloopwater, grondwater, fonteine, en die vrylating van gestoorde water in natuurlike ys en kompakte sneeu (bv. van gletsers). Potamologie is die wetenskaplike studie van riviere.

0
  • Part of Speech: noun
  • Synonym(s):
  • Blossary:
  • Industry/Domain: Water bodies
  • Category: Rivers
  • Company:
  • Product:
  • Acronym-Abbreviation:
Collect to Blossary

Member comments

You have to log in to post to discussions.

Terms in the News

Featured Terms

Karin Stelzmann
  • 0

    Terms

  • 0

    Blossaries

  • 0

    Followers

Industry/Domain: Apparel Category: Skirts & dresses

a-lyn

'n Rok of romp silhoeët nouer aan die bokant, wat versigtig uitvloei om 'n "A" vorm silhoeët te maak. Vleiend op meeste figure in besonder ...

Featured blossaries

Exercise

Category: Health   2 20 Terms

Vision

Category: Science   1 7 Terms

Browers Terms By Category